DIENSTE

Al ons werk word volgens die huidige kurrikulum gedoen wat CAPS is. Ons het kliënte regoor Suid-Afrika en ons word glad nie beperk deur ʼn sekere gebied nie. Jy kan van ons diens gebruik maak enige plek in Suid-Afrika.

Opsommings

Ons opsommings word opgesom sodat dit op ʼn maklike manier geleer kan word. Ons opsommings word uit alle CAPS gebaseerde handboeke gedoen. Ons opsommings word gedoen uit die handboeke wat u kind by die skool gebruik. In party gevalle kan dit gebeur dat ons nie ʼn spesifieke handboek het nie. Ons bestel dan die boek of die ouer kan die werk vir ons deurstuur via faks of epos. NB! Ons verskaf opsommings vir Afrikaans, Engels en Wiskunde, maar dit word nie opgesom uit ‘n spesifieke handboek nie. Die rede daarvoor is omdat dit standaard vakke is.

Oefeninge

Ons oefeninge is ʼn baie goeie hulpmiddel wanneer dit kom by voorbereiding vir eksamens en toetsreekse. Die oefeninge wat ons verskaf word opgestel volgens onderwerpe vir alle kwartale. Met ander woorde as jou kind se spesifieke handboek se kwartaal 1 uit 7 onderwerpe bestaan, sal daar 7 oefeninge wees vir daardie kwartaal. Alle oefeninge het ʼn antwoordblad. Sodoende kan jy jou kind se kennis toets en ook die kwartale se werk opbreek in kleiner dele. Hierdie metode is baie meer effektief en sal verseker jou kind se punte ʼn hupstoot gee.

Taakinligting

Take kan baie tydsaam wees. Daarom help ons ouers om al die nodige informasie vir hulle te kry om take te vergemaklik. Die internet is vol informasie. Ons breek die informasie op en verskaf slegs die nodige informasie om take te voltooi.

Vraestelle

Vraestelle speel ‘n baie belangrike rol in die voorbereiding vir ‘n toets of eksamen. Deur vraestelle uit te werk word u kind blootgestel aan moontlike vrae wat gevra kan word in die toets of eksamen. Ons vraestelle word opgestel deur gekwalifiseerde onderwysers en hulle probeer sover moontlik alle werk dek in die vraestelle. Ons het oefen vraestelle en memorandums vir Graad 1 - 12

Toesprake

Ons toespraak-span is baie kreatief en lewenslustig. Elke toespraak word geskryf volgens ouers se vereistes. Al wat ons benodig is die onderwerp en ons skryf ‘n toespraak tot die beste van ons vermoë vir u kind. Ons skryf toesprake vir Graad 1 – 12 leerders in Afrikaans en Engels.

Voorbeelde

Opsommings
Hoërskool Opsommings
Laerskool Opsommings Puntsgewys
Laerskool Opsommings Vraag-Antwoord

Ons doen opsommings vir Graad 4 – 12 uit CAPS geskrewe handboeke.

Toesprake
Hoërskool 1
Hoërskool 2
Laerskool 1
Laerskool 2

Ons help met klastoesprake vir Graad 1 – 12 in Afrikaans en Engels.

Ons kostes

Graad 1 – 12

standaard pakket

Maandeliks R 200

  • Opsommings volgens handboeke

  • Onbeperkte klastoesprake

  • Onbeperkte taakinligting

  • Oefenvraestelle met antwoordblaaie

  • Opstelle en skryfstukke redigering

  • Toegang tot jou profiel 24/7 regdeur die jaar

Graad 1 – 3

volle pakket

R ?? /mo

  • Klastoesprake
  • Volledige vraestelle met antwoorde vir Afrikaans, Engels, Wiskunde en Lewensvaardighede

Graad 4 – 12

volle pakket

R ?? /mo

  • Klastoesprake
  • Opsommings volgenshandboeke
  • Opstelle en skryfstukke redigering
  • Taakinligting
  • Volledige oefenvraestelle met memo’s

Graad 4 – 12

Vraestelle pakket

R ?? /mo

  • Volledige oefenvraestelle met memo’s

Betaling Opsies

×